Akkommodasie
ATKV Drakensville bied 'n wye verskeidenheid akkommodasie-opsies in die asemrowende Drakensberge in KZN.
Hierdie reeks sluit selfsorg-eenhede vir twee persone, ruim gesinseenhede vir tot ses mense en bed-en-ontbyt-kamers in. Alle eenhede word daagliks skoongemaak en is ten volle gemeubileer en toegerus met beperkte DStv-kanale.