WELKOM BY ATKV-DRAKENSVILLE
Skouspelagtige Drakensberge
Kennisgewing
Beste gas
Ons is voortdurend besig om ons fasiliteite te verbeter om u besoek so veilig en aangenaam as moontlik te maak.
Die plaveisel rondom ons warm buiteswembad en waterglybaan sal vanaf 18 tot 26 Augustus met 'n glyvaste (non-slip) beskermingslaag behandel word. Om te verseker dat die produk behoorlik kan uithard (cure) en die beste resultaat lewer, sal die warm buiteswembad en waterglybaan gedurende hierdie tydperk nie beskikbaar wees nie.
Ons vra om verskoning vir enige ongerief en waardeer u begrip terwyl ons hierdie belangrike veiligheidsverbetering aanbring.
Ons warm binneswembad sal steeds gedurende hierdie tydperk beskikbaar wees sodat u steeds heerlik kan ontspan.
Dankie vir u samewerking. Ons sien daarna uit om u te verwelkom!
Vriendelike Drakensville-groete
Akkommodasie
Net sowat drie uur se ry vanaf Johannesburg en Bloemfontein, en ongeveer twee en ’n half uur vanaf Durban, lê ATKV-Drakensville skilderagtig aan die voet van die majestueuse Amfiteater in die Drakensberge – ’n Unesco- Wêrelderfenisgebied wat wêreldwyd bekend is vir sy asemrowende skoonheid.
Hier, waar berge die horison ontmoet en vars berglug die siel verkwik, wag ’n vakansiebestemming wat rustigheid, avontuur en familietyd perfek kombineer. ATKV-Drakensville is omring deur ryk geskiedenis, ikoniese landmerke en ’n verskeidenheid toeriste-aantreklikhede wat elke besoek ’n ontdekking maak.

Akkommodasie
ATKV-Drakensville bied ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie-opsies en ’n volledig toegeruste kampeerterrein, wat voorsiening maak vir verskillende gesinsgroottes en -behoeftes.

Fasiliteite
Die oord beskik oor die Koswerf-restaurant wat heerlike buffet- en à la carte-etes aanbied. Daar is ook vir jou gerief ’n OTM, drankwinkel, geriefswinkel en ’n skoonheidsalon op die perseel.

Vermaak
Gaste kan onder meer warm binne- en buiteswembaddens, ’n koue buiteswembad, ’n waterglybaan, monsterskaak, minigholf, staproetes en ’n speletjieskamer geniet. Daar is ook ’n krieketnet en ’n gholf-oefenbof vir sportliefhebbers.

