SKOLE

Die Omgewingsentrum, geleë in die pragtige Drakensberge, bied ʼn verskeidenheid opwindende avontuurervarings en ontwikkelingsprogramme. Dit is ook die voorkeurbestemming vir aksiebelaaide skooltoere en kampe van enige aard. Die Omgewingsentrum pas enige program aan in lyn met die uitkomste van die nasionale kurrikulum en die kliënt se behoeftes. Die sentrum spog met opgeleide en geakkrediteerde avontuur- en kultuurgidse wat enige kamp kan fasiliteer. Avontuur bly die basis van die leerervaringskampe waar leerders self in ʼn veilige spasie kan ontwikkel en groei. Leerders se veiligheid is ons eerste prioriteit en daarom is daar verskeie planne in plek om veiligheid te verseker.

Kontak:

Pieter
036 438 6287
PieterV@atkv.org.za

Omgewingsentrum

Die ATKV-Drakensville Omgewingsentrum, geleë in die pragtige Drakensberge, bied ʼn verskeidenheid opwindende avontuur ervarings en ontwikkelingsprogramme.

*Slegs beskikbaar binneseisoen.