Skool toere
Die Omgewingsentrum, geleë in die pragtige Drakensberge, bied ʼn verskeidenheid opwindende avontuurervarings en ontwikkelingsprogramme. Dit is ook die voorkeurbestemming vir aksiebelaaide skooltoere en kampe van enige aard. Die Omgewingsentrum pas enige program aan in lyn met die uitkomste van die nasionale kurrikulum en die kliënt se behoeftes. Die sentrum spog met opgeleide en geakkrediteerde avontuur- en kultuurgidse wat enige kamp kan fasiliteer. Avontuur bly die basis van die leerervaringskampe waar leerders self in ʼn veilige spasie kan ontwikkel en groei. Leerders se veiligheid is ons eerste prioriteit en daarom is daar verskeie planne in plek om veiligheid te verseker.
Kontak:
Pieter
036 438 6287
PieterV@atkv.org.za
Omgewingsentrum
Die ATKV-Drakensville Omgewingsentrum, geleë in die pragtige Drakensberge, bied ʼn verskeidenheid opwindende avontuur ervarings en ontwikkelingsprogramme.
*Slegs beskikbaar binneseisoen.
Kultuurtoere
Die Omgewingsentrum bied ʼn wye verskeidenheid kultuurtoere. Die toere dek ʼn aantal historiese terreine, kultuurervarings, kostoere asook avontuurgebaseerde uitstappies na plekke van historiese belang. Dag- of weektoere en meer word aangebied, met geakkrediteerde kultuurgidse aan die stuur van ons eie kultuurbus. Daar is ook opsies met eie vervoer beskikbaar vir diegene wat eerder hul eie voertuie wil gebruik. Kom ervaar die diverse kultuurjuwele wat ons bied.
Kontak:
Johan
036 438 6287
JohanO@atkv.org.za
Spanbou toere
As die gejaag van alledaagse werksomgewings jou onderkry, bied die Omgewingsentrum die ideale oplossing om samewerking en leierskap onder personeel te bevorder. Ons gebruik avontuurgebaseerde aktiwiteite om die pasgemaakte programme volgens die kliënt se behoeftes te fasiliteer. Ons bied 'n verskeidenheid interaktiewe en uitdagende aktiwiteite wat daarop gemik is om spanwerk, kommunikasie en vertroue tussen spanlede te bevorder. Geakkrediteerde gidse bied die programme aan en sorg dat elke leerervaring ʼn lewenservaring word.
Kontak:
Pieter
036 438 6287
PieterV@atkv.org.za