Vierbed-kothuis

104 m2

Slaap 4 (maksimum 4 volwassenes)

2 slaapkamers

2 badkamers

Selfsorg


Die kothuis beskik oor twee aparte slaapkamers – een met ’n koningingrootte-bed en die ander met twee enkelbeddens. Elke slaapkamer het ’n en suite-badkamer met stort. Die leefarea is lugversorg en het ’n platskerm-TV met DStv.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg. Daar is ’n patio met ’n ingeboude braai.

Badhanddoeke word voorsien. Bring jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Lugversorging

TV

Beperkte DStv

Onderdakpatio

Braai-area

Buitebankies

Ten volle toegeruste kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir een voertuig