Sesbed-eenheid (rolstoelvriendelik)
![]() |
115 m2 |
![]() |
Slaap 6 (maksimum 6 volwassenes) |
![]() |
3 slaapkamers |
![]() |
2,5 badkamers |
![]() |
Selfsorg |
Die drieslaapkamereenheid is rolstoelvriendelik en beskik oor drie aparte slaapkamers – een met ’n dubbelbed en die ander twee met twee enkelbeddens elk. Die sitkamer is lugversorg en het ’n platskerm-TV met beperkte DStv.
Die eenheid het twee badkamers: een met ’n rolstoelvriendelike stort en wasbak, en ’n tweede badkamer met ’n stort en aparte toilet.
Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg. Daar is ’n patio met ’n ingeboude braai.
Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.
Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
Lugversorging |
![]() |
TV |
![]() |
Beperkte DStv |
![]() |
Onderdakpatio |
![]() |
Braai-area |
![]() |
Buitebankie |
![]() |
Ten volle toegeruste kombuis |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering vir een voertuig |
![]() |
Rolstoelvriendelik |





