Skip to the content

Selfsorghuise

Driester-eenhede vir vier of ses persone met ’n kombuis, sitkamer, toilet en badkamer.

2 Persoon (2 Enk) woonstel

Een lugversorgde kamer met twee enkelbeddens, twee gemakstoele en ’n tafel, ’n mini-yskas, een Snappy Chef-plaat, ’n Snappy Chef-ketel, asook ’n mikrogolfoond. Die kamers het ook een wasbak, een pot, een pan met eetgerei en breekware vir twee. Die en suite-badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Hierdie kamers het ook ’n televisie en daar is ’n motorafdak.

2 Persoon (Dubbel) woonstel

1 Vertrek met 1 x Dubbel Bed, 2x bankkies en tafel, , lugversorger, yskas, 2x plaat snappy met oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, En-Suite met toilet, wasbak en stort, stoep met ingeboude braai en 'n Motorafdak.

4 Persoon (Dubbel & 2 Enk)

Die 4-bedhuise het twee slaapkamers, een met ’n dubbelbed en een met twee enkelbeddens. Die sitkamer het ’n TV met DStv en lugversorging. Die kombuis het ’n yskas, ’n 2-plaat Snappy Chef-stoof, ’n oond en ’n mikrogolfoond. Daar is ook ’n ketel met eetgerei en breekware vir vier persone. Die badkamer het ’n stort en wasbak en die toilet is apart. Die stoep het ’n ingeboude braaiplek.

6-bedhuise, 3 kamers, 1 badkamer

Die 6-bedhuise het drie slaapkamers, een met ’n dubbelbed en twee met twee enkelbeddens. Die sitkamer het ’n TV met DStv en lugversorging. Die kombuis het ’n yskas, ’n 2-plaat Snappy Chef-stoof, ’n oond en ’n mikrogolfoond. Daar is ook ’n ketel met eetgerei en breekware vir ses persone. Die badkamer het ’n stort en wasbak en die toilet is apart. Die stoep het ’n ingeboude braaiplek en daar is ’n afdak.

6 Persoon, 3 kamers, 2 badkamers

Die 6-bedhuise het drie slaapkamers, een met ’n dubbelbed en twee met twee enkelbeddens. Die sitkamer het ’n TV met DStv en lugversorging. Die kombuis het ’n yskas, ’n stoof met ’n oond en ’n mikrogolfoond. Daar is ook ’n broodrooster en ketel met eetgerei en breekware vir ses persone. Benewens die wasbak en toilet het hierdie huise twee aparte badkamers vir die bad en die stort. Die stoep het ’n ingeboude braaiplek en daar is ’n afdak.

Sien alle akkommodasie

bed and breakfast ATKV Drakensville

Bed en ontbyt-kamers

2 Slaper Eenhede

Selfcatering units ATKV Drakensville

Selfsorghuise

2, 4 & 6 Slaper Eenhede

Flats - ATKV Drakensville

Woonstelle

2 Slaper Eenhede

Paraplegic accommodation ATKV Drakensville

Parapleegeenheid

6 Slaper Eenhede

caravan and camping ATKV Drakensville

Woonwa- en kampeerterrein

Woonwa -en Kampeerterrein