Vierbed-Bergsig-kothuis
![]() |
50 m2 |
![]() |
Slaap 4 (maksimum 4 volwassenes) |
![]() |
2 slaapkamers |
![]() |
1 badkamer |
![]() |
Selfsorg |
Die Bergsig-kothuis vorm deel van die groter Bergsig-kompleks. Die kothuis beskik oor twee gerieflike slaapkamers en kan ’n maksimum van vier persone huisves.
Elke kamer het sy eie en suite-badkamer. Daar is ook ’n ten volle toegeruste kombuis vir selfsorg.
Die kothuis kan as ’n afsonderlike eenheid bespreek word, of die hele kompleks kan bespreek word vir groter gesinne of groepe.
Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.
Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
TV |
![]() |
Beperkte DStv |
![]() |
Onderdakpatio |
![]() |
Braai-area |
![]() |
Buitemeubels |
![]() |
Ten volle toegeruste kombuis |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering |





