Vier-en-twintig-bed-Bergsig-eenheid
![]() |
158 m2 |
![]() |
Slaap 24 (maksimum 24 volwassenes) |
![]() |
1 slaapsaal, 1 kothuis |
![]() |
Gemeenskaplike badkamer |
![]() |
Selfsorg |
Bergsig is spesiaal ontwerp vir kleiner groepe. Die eenheid is meerdoelig en kan skole, uitgebreide gesinne en groepe huisves. Die slaapsaal het stapelbeddens wat tot 20 persone kan akkommodeer, met en suite-geriewe.
Die kombuis is ruim en ten volle toegerus, met ’n yskas en vrieskas, asook ’n groot gasstoof. Daar kan gemaklik vir 24 persone kos voorberei word.
Bergsig beskik oor vier ingeboude braaiers, ’n vuurput en ’n privaat swembad wat uitsluitlik deur Bergsig-gaste gebruik kan word.
Daar is ook ’n aparte kothuis wat oor twee slaapkamers beskik en ’n maksimum van vier persone kan huisves. Die kothuis het sy eie kombuis en en suite-badkamer. Dit kan as ’n afsonderlike eenheid bespreek word, of die hele kompleks kan vir groter gesinne of groepe bespreek word.
Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.
Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.
Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.
Eenheidgeriewe
![]() |
TV in kothuis |
![]() |
Beperkte DStv in kothuis |
![]() |
Braai-area |
![]() |
Onderdakpatio |
![]() |
Buitemeubels |
![]() |
Privaat swembad |
![]() |
Ten volle toegeruste kombuis |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering |





