24-Slaper Bergsig Eenheid
![]() |
158m2 |
![]() |
Slaap 24 (Maksimum 24 Volwassenes) |
![]() |
1 Slaapsaal, 1 Kothuis |
![]() |
Gemeenskaplike Badkamer |
![]() |
Selfsorg |
Ons nuutste verblyf by die oord is spesiaal ontwerp vir klein groepe. Bergsig is ʼn meerdoelige eenheid wat skole, uitgebreide gesinne en groepe kan huisves, met 'n slaapsaal wat 20 mense op stapelbeddens kan akkommodeer met en suite-geriewe.
Bergsig het 'n groot kombuis waar daar gemaklik vir 24 mense kosgemaak kan word, ten volle toegerus met ʼn yskas en vrieskas en ʼn groot gasstoof. Bergsig het 4 ingeboude braaiers, ʼn vuurput en sy eie klein swembad wat privaat is, slegs vir Bergsig-gaste se gebruik.
Daar is ook 'n aparte kothuis met 2 kamers wat maksimum 4 mense kan huisves, met sy eie kombuis en en suite-badkamer. Die kothuis kan ook as ʼn enkeleenheid bespreek word, of die hele kompleks kan bespreek word vir groter gesinne/groepe.
Eenheidgeriewe
![]() |
Braai-area |
![]() |
Onderdakpatio |
![]() |
Buitemeubels |
![]() |
Klein privaat swembad |
![]() |
Ten volle toegeruste kombuis |
![]() |
Gratis Wi-Fi |
![]() |
Gratis parkering |