Tweebed-kamer

31 m2

Slaap 2 (maksimum 2 volwassenes)

1 oopplan-kamer

1 badkamer

Bed-en-ontbyt


Die eenslaapkamereenheid beskik oor ’n dubbelbed in ’n lugversorgde kamer met gemakstoele, ’n platskerm-TV en beperkte DStv. 

Daar is ook ’n yskassie, ’n Snappy Chef-plaat en ’n mikrogolfoond.

Die kamer is toegerus met ’n kookpot en pan, asook eetgerei en breekware vir twee persone. Die en suite-badkamer het ’n stort, wasbak en toilet.

Badhanddoeke word voorsien. Bring asseblief jou eie swemhanddoeke saam.

Vir die kombuis: Bring asseblief skottelgoedseep, vatlappe en afdroogvadoeke saam. Braaitange word in die selfsorgeenhede voorsien.

Let wel: Die eenhede se dekor, buite-uitleg en uitsig kan van mekaar verskil.

Klik hier om 'n bespreking te maak.

Eenheidgeriewe

Lugversorging

TV

Beperkte DStv

Onderdakpatio

Braai-area

Buitestoele

Klein kombuis

Gratis Wi-Fi

Gratis parkering vir een voertuig