Hierdie 6-bedhuis maak voorsiening vir parapleë. Twee slaapkamers het elkeen twee enkelbeddens en die hoofslaapkamer met ’n dubbelbed is ingerig vir ’n parapleeg. Daar is een badkamer met ’n wasbak en twee storte waarvan een stort vir ’n parapleeg bedoel is, asook ’n toilet vir ’n parapleeg. Die ander badkamer het een stort met ’n wasbak. Dan is daar nog ’n aparte tweede toilet. Die sitkamer het ’n TV met DStv en lugversorging. Die kombuis het ’n yskas, ’n Snappy Chef-tweeplaatstoof, ’n oond en ’n mikrogolfoond. Daar is ook ’n ketel met eetgerei en breekware vir ses persone. Die kombuis is ten volle ingerig vir parapleë. Die stoep het ’n ingeboude braaiplek en daar is ’n afdak.
Huis vir parapleë
Bed-en-ontbytkamers
2 Slaper Eenhede
2 Slaper Woonstelle
2 Slaper Eenhede
4 Slaper Huise
4 Slaper Eenhede
6 Slaper Huise
2, 4 & 6 Slaper Eenhede
Rolstoel vriendelike Huis
6 Slaper Eenhede
Woonwa-en-kampeerterrein
Woonwa -en Kampeerterrein